Voorspoed vir 2012!!!
Written by Kantoor   
Monday, 16 January 2012 09:54

Hallo Almal,

'n BAIE BAIE voorspoedige en great jaar vir jou! Hopelik het jy 'n lekker vakansie gehad en is dinge weer terug na normaal in jou lewe!

Ek het vreeslik lekker gekuier in Botswana met so 'n "mini" Safari soos die ouens van oorsee dit noem. Ek het gaan draai tot bo in Savuti, deur die Moremi en terug gekom deur die Sentraal Kalahari.  Dit was ongelooflik en het ek vir die eerste keer in my lewe gesien hoe 'n Leeu 'n Gemsbok reg voor my vang. Elke aand het ek 'n vuurtjie aangesteek en 'n ietsie gebraai, vêr weg van die Stadsgeraas en dinge. Gewoonlik het ek Januarie maande oorsee gaan kuier totdat ek "Afrika" ontdek het ........ en dit is waarlik goed vir die siel en net die regte medisyne om 'n jaar van vooraf reg en vol moed te begin. Nou begin ek wonder of Malawië ..... lyk mooi. Was jy al daar ? (Terloops was vreeslik om te sien met my terugkoms die ou van Modimole wat sy vrou laat verkrag het en sy stiefseun geskiet het. Tragies)

Desember het ek  ook baie van julle by die Kalahari raakgeloop ...... en ek het self ingespring met tye en gehelp maar ek dink nie ek is die beste waiter wat daar is nie ....... my vingers was pal in die chips as ek 'n bord moes aangee!! Gelukkig het ek niks borde gebreek nie.

Dankie ook vir almal se mooi boodskappe oor Noot vir Noot en Opskop saam met Wicus vd Merwe ..... laasgenoemde kan ek ongelukkig nie kyk nie en het ek vergeet om dit te pvr. Sal maar 'n kopie by hulle kry.

Ek hoop jy het jou bucket list reg vir 2012.

 

Groente,

Gerrie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Last Updated on Tuesday, 17 January 2012 06:56
 
Hou vas jou Matras!!!
Written by Kantoor   
Wednesday, 26 October 2011 08:30

Hallo Julle !

 

Die jaar is onder ons uit, so ook die Curriebeker vir die WP en die Worldcup vir die Bokke en oom Snorre ! Die volgende wêreldbeker is in Engeland en sal ek baie baie graag daar wil wees ! En die span wat ek gedink het gaan enduit met die Rugby (Frankryk my gunsteling naas die Bokke) het toe amper vir die All Blacks ore aangesit ! Eintlik is ek bly die rugby seisoen is verby want om 'n WP ondersteuner te wees en in Pretoria te bly is nie maklik nie .... en die vernedering om na elke game se verloor jou selfoon te moet afsit want die manne bel !

 

Ons is lekker doenig met 'n hele paar dinge, ons het 'n tv opname vir Opskop en maak musiekvideos en kan julle my 6 Januarie 2012 op die nuwe reeks van Noot vir Noot ook sien. En ons toer dat dit klap, ou Mariette'tjie sit en sweet met al die navrae en om die legkaart te maak pas om by julle uit te kom, maar soos die song sê : Alles Pas! Van dit gepraat het jy al my nuwe cd ? Sy naam is "Gister en Vandag" en het die groen cover. Daar is glo nou 'n grootste treffer cd van my ook op die rakke asook 'n dvd met treffers "live" maar daarvan weet ek niks nie en het ek ook nie deel gehad nie .... maar die bottomline is : KRY MY NUWE CD!! GISTER EN VANDAG MET DIE GROEN COVER! CHECK DIE FOTO! 10 NUWE SONGS!! EN ONS SOEK JOU GUNSTELING LIEDJIE .... GAAN KYK OP MY FANPAGE OP FACEBOOK EN LUISTER NA 'N SNIT!!!! KYK OOK BINNE DIE CD DAAR IS BAIE LEKKER PRYSE TE WEN VAN VAKANSIES TOT SKOONHEIDSPRODUKTE VIR VROUENS EN MANS .... LEKKER KRISMIS!

 

Ons vertrek ook die einde van die maand Amerika toe om bietjie dinge daar te gaan uitkyk en werk ek ook weer aan 'n duet met 'n Belgiese sanger .... ek hoop julle sal  hou daarvan! Indien jy dalk ook belangstel om deel te wees van ons Loeriekinderhuis Golfdag sal dit great wees as julle ons kom join .... en jy hoef nie Golf te kan speel nie! Hierdie Kinderhuis ontvang geen staatsubsidie nie en bars dit om 30 kindertjies te versorg .... so as jy kan help sal dit baie help! Die detail is elders op die blad. Ek is ook besig met 'n Gastehuis op Mosselbaai en kan jy eersdaags lekker in my plekkie gaan vakansie hou, laat weet ons as julle belangstel.  Daar kan heelwat mense slaap en kyk jy lekker uit oor Mosselbaai se see en hawe .... nooi my net vir 'n sundowner!

Baie baie dankie ook vir almal se verjaarsdagwense .... nou word ek lank innie tand. Ek het myself bederf met 'n webber braai en rook nou enige iets wat voorkom .... Buddy is in gevaar! Baie dankie ook aan almal wat ons met soveel gasvryheid ontvang het met ons toere die laaste tyd .... dit was 'n blessing en ongelooflik lekker! Ons was lekker bederf.

 

Nou ja toe, nou wil ek van julle feedback hê oor die nuwe cd!!! Laat weet my as jy hom gekry het en van watter liedjie jy hou.

 

GROENTE JULLE!!!

Gerrie

Last Updated on Wednesday, 26 October 2011 09:35
 



Sotheby's Mossel Bay:


Sotheby's Great Brak:




Volg Gerrie op:


Gerrie se fanclub bladsy

Current Visitors

We have 3 guests online

CD's

Vriende vir Altyd (2008)

 

 

 

Ek Sing vir Jou Bles (2007)

Nadat ek lank vasgeskop het teen die idee het die publiek uiteindelik gewen deurdat 'n mens moet gee waarvoor die gehoor vra. Ek het ook tot die slotsom gekom dat.  ons nie van Bles mag vergeet nie.Nooit nie. Ons kan nie oorsese legendes vereer ...

Lees meer...

CD's

Swing (2006)

 "My gunsteling album van almal. Musiek uit die 1950`s en sestigs, van sangers soos Dean Martin en Frank Sinatra. Met hierdie album doen ons baanbrekers werk en word ek die eerste Afrikaanse kunstenaar ooit wat sy hand aan Swing musiek waag en terselftertyd Afrikaans... 

 Lees meer...

Adio Amore (2005)

"My mooiste verwerkte album met die treffers Adio Amore en 7 sondes op. My vriend en regiseur, George The, van Nederland en lid van die supergroep,, THE GEORGE BAKER SELECTION BAND, kom sit hand by en begin...
 

CD's

Hei Jy! (2003)

"Die album met die meeste van my oorspronlike liedjies op wat ek geskryf het.Maar omdat dit so vinnig opgeneem was om betyds gereed  te wees vir daardie jaar se KKNK...